| Ek het in jou vas geloop, na vyf jaar |
| Almal het gekuier in die ou bar |
| En toe’s dit jy, met jou wyn |
| en jou cool- job, in Kaapstad |
| Dis jy wat so paint |
| en jy skilder mooi skaduwees |
| En jy vra vir my |
| «kan ek vir jou iets kry om te drink.» |
| En jy kyk vir my |
| en ek voel asof jy weet wat ek dink |
| Ek’s bly dat jy met my kom praat het |
| Gaan uit en maak jou verskil |
| Jy weet dat ek uitgelaat is |
| en dis die rede hoekom ek saam met jou kan chill |
| Ons almal vat maar wat ons kry |
| Daar’s 'n plek vir jou en my |
| in die hoek tussen gister en vandag |
| Maak jou los, hou nou vas aan my |
| Al die spore van my woorde, van my woorde |
| Word verlore |
| En ons skoene keer die skerpioene |
| Ek stuur vir jou 'n duisend soene |
| Onheil steeds in my vermoede |
| geraamtes hang in die verlede |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| Ek kan onthou |
| onthou van jou |
| Jan, jy’s 'n beautiful man, jy sal baie vêr gaan |
| Al is die wêreld krom en skeef, dink ek jy sal oorleef |
| want jy’s sag maar jy’s trots, onthou dit as jy kan |