| Die horison het oop gevou voor my, oor my |
| Die somer wind het jou in gedra en neer gesit reg voor my |
| My stofpad kry die groenighied by jou, oor jou |
| Die suiderkruis in jou hart wys my die plek wat ek onthou |
| Jys die stem in die stilte wat agter bly |
| Na al die storms en die reën om my |
| Jy hou die plek waar my hart wil rus |
| Net jy weet wie ek werklik is |
| Die stem in die stilte wat agter bly |
| Na al die nag se geraas om my |
| ‘n oase in die droë woestyn is jy vir my |
| In die holte van jou arms is waar my hart weer water kry |
| Hierdie swerwer het ‘n huis gekry in jou langs jou |
| My voete ken die spore na, jy wat my regop hou |
| Jys die stem in die stilte wat agter bly |
| Na al die storms en die reën om my |
| Jy hou die plek waar my hart wil rus |
| Net jy weet wie ek werklik is |
| Die stem in die stilte wat agter bly |
| Na al die nag se geraas om my |
| Daar waar my hart weer sy ritme kry |
| Jys die krag wat hier in my bly |
| Daar waar my siel weer sy rus plek kry |
| Daar lê jou spore hier binne my |